Mail: online@obaro.co.za  |  Tel: 012 381 2639

OBARO Inter Unie

Eerste OBARO Inter Unie gaan bande tussen Jongboere smee

OBARO, in samewerking met Brits Jong-Boerevereniging nooi jongboere van reg oor die land om hulle staal te wys tydens die eerste OBARO Inter Unie uitdaging van 10 tot 12 Februarie 2023.

“Wanneer vreemdelinge mekaar ontmoet, vind hulle gewoonlik gemeenskaplike sake om oor te gesels, sodra hulle besef daar is meer in gemeen as nie, word vriendskappe gesmee. Hierdie vriendskapverhoudings is die fondament vir die bevordering van gedeelde belange in landbou”, volgens Nic Bronkhorst, Besturende Direkteur van OBARO.

OBARO se droom is om saam met sy besigheidsvennote vir jongboere ‘n platform te skep waar vreemdelinge, vriende word. ‘n Geleentheid waar nuwe generasie boere mekaar kan leer ken en mekaar kan ondersteun om vir die landboubedryf ‘n blink toekoms te bewerkstellig.

Jongboer-spanne van verskeie streke en landbou unies sal vroeg in Februarie 2023 aan ‘n rondomtalie van aktiwiteite deel neem om hul staal te wys:

Hooglandspele, insluitend paalgooi, houtkap en boogskiet,

  • Kleiduifskiet,
  • Zipline,
  • Touchies,
  • “Innoverende” Gholf,
  • Roei,
  • en om af te sluit, Toutrek.

Spanne kan verskillende lede in hulle span kies om aan die aktiwiteite deel te neem, afhangende van elkeen se talent, daarom is strategie baie belangrik.

Hamilton Wessels, Suid Afrikaanse televisie-aanbieder en akteur, sluit by ons aan as ons seremoniemeester en die vermaak vir die naweek word deur Appel, Afrikaanse sanger- en liedjieskrywer, verskaf.

OBARO, is ‘n toonaangewende landbou maatskappy met meer as 90 jaar ervaring in die landbou sektor. OBARO het 26 handelspunte in vyf provinsies.

Sedert die maatskappy se stigting in 1930, staan ons vas in ons missie om in lyn met die boer te wees. Deur uitgebreide produkte en dienste te lewer, wat strek van handel en brandstof tot finansiering en versekering, kan ons in elke kliënt se behoeftes voorsien.

Nuusflits 1

0
    0
    Your Cart
    View Cart